Namises bepleit vir grond vir die KhomaninMarch 11, 2025
Rosa Namises, ‘n menseregte-aktivis en lid van die Khomanin, het die Namibiese regering versoek om meer kommunale grond vir die gemeenskap in Khomas te bekom. Sy sê haar mense lewe in armoede in die Groot Aub gebied en verder Suid en voeg by hulle krepeer terwyl Unam se bokmelk projek by die nedersetting oortollige melk weggooi. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.