AfriForum het bedenkinge oor nasionale gesondheidsversekering March 11, 2025

AfriForum het die pasgepubliseerde konsepregulasies vir die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering afgeskiet as onduidelik en swak geskryf. AfriForum se veldtogbestuurder, Louis Boshoff, voer aan dat die regulasies nie duidelikheid gee oor hoe die stelsel sal werk nie, en het kommer uitgespreek oor die regering se bekwaamheid om die program te bestuur. Hy sê die regulasies is vaag en teenstrydig, wat oproepe versterk dat die wet eerder geskrap moet word: