Siya bly Bok-kaptein solank hy goed genoeg is: RassieMarch 6, 2025

Rugby: Die Springbokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, sê Siya Kolisi sal kaptein van die span bly solank hy goed genoeg is om die eerste keuse in sy posisie te bly. Hy sê hy besef Kolisi sal 36 wees wanneer die volgende Wêreldbekertoernooi in 2027 plaasvind. Erasmus sê daar is ander spelers soos Eben Etzebeth, Salmaan Moerat, Bongi Ngobeni and Pieter-Steph du Toit wat almal alreeds die Bok-span aangevoer het, maar hy sal vir eers volhard met Kolisi solank hy fiks genoeg en goed genoeg is.