Kriel sê as SA Agoa voordele verloor, is die ANC se skuldMarch 5, 2025
AfriForum sê Suid-Afrika moet aandag skenk aan die beweerde menseregteskendings teen Afrikaners om te verhoed dat die land sy voordele ingevolge die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, verloor. Die menseregtegroep is tans onder skoot omdat hulle met die Amerikaanse president, Donald Trump se administrasie vergader het, wat president Cyril Ramaphosa as verdelend bestempel. Uitvoerende hoof Kallie Kriel hou vol AfriForum sal nie skuld aanvaar indien Suid-Afrika sy voordele verloor nie, en Agoa-sanksies behoort nie gewone burgers te teiken nie.