Joschko vra lang uitstel in siviele saakMarch 3, 2025
Antonia Joschko het in die hoërhof aansoek gedoen vir die uitstel van haar siviele saak teen Jandre Dippenaar, tot 27 Mei. Die aansoek sal op 5 Maart aangehoor word. Dippenaar het tans geen regsverteenwoordiging nie en dit is reeds ‘n geruime tyd ‘n uitdaging in die saak waar sy skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar en amper 715 000 euro eis na die ongeluk in Desember 2014. Dippenaar is reeds op 6 Desember verlede jaar gesekwestreer na ‘n aansoek deur PZN Panelbeaters. Hy dien tans sy vonnis van 15 jaar vir moord in Walvisbaai uit maar het appelleer daarteen.