Waterwet werkswinkels begin môreMarch 3, 2025
Die landbouministerie het Sondagmiddag sonder vooraf kennisgewing, aangekondig dat die langverwagte konsultasies oor die nuwe Waterwet môre in die Kunene-streek sal begin. Dit kom na die Kabinet opdrag gegee het dat alle werkswinkels afgeskaf word tydens die rouperiode. Daar is groot kommer oor die wet en sy vele bepalings vir boere. Daar word beraam dat veral die registrasie van boorgate ‘n uitdaging is met ongeveer 150 000 produksiegate landswyd. Die moes teen Vrydag, wat ‘n vakansiedag was, geregistreer gewees het.