Chelsea se Mudryk kan vir vier jaar geskors wordJune 19, 2025
Sokker: Engeland se Sokkervereniging het Chelsea se vleuel, Mykhailo Mudryk, aangekla van die oortreding van teen-opkikkerregulasies en hy kan vir tot vier jaar geskors word. Die 24-jarige is in Desember voorlopig geskors nadat hy ‘n opkikkertoets gedop het terwyl hy die vorige maand vir Oekraïne in Albanië en Georgië gespeel het. Mudryk hou vol hy is onskuldig en sê sy monster was besmet. Hy het sedert 28 November nog nie weer vir Chelsea uitgedraf nie.