Israel sê ja vir langer skietstilstand

Israel het ingestem om Amerika se voorstel vir ‘n tydelike skietstilstand in Gaza tydens Ramadan die Pesach te aanvaar. Dit volg ná die eerste fase van die oorspronklike skietstilstand vanoggend verstryk. Die kantoor van die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hulle sal onmiddellik met onderhandelinge begin indien Hamas instem. Hamas het Saterdag Israel se formulering van ‘n verlenging van ‘n skietstilstandplan verwerp, sonder om na Amerika se voorstel te verwys.