Onbekende siekte dood 50 in DRK 

‘n Onbekende siekte het die lewens van meer as 50 mense in die Demokratiese Republiek die Kongo geëis, met 419 gevalle wat sedert 21 Januarie aangeteken is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-kantoor sê die eerste uitbreking was in die dorp Boloko in die noordweste van die land. Drie kinders het volgens berigte ‘n vlermuis geëet en gesterf ná simptone van hemorragiese koors. Die tydsverloop tussen die aanvang van die simptome en die dood was in die meeste gevalle 48-uur.