Dollars vloei nie meer na bewaring nie, kenner sê kyk na jouself
Die Amerikaanse regering het nie net fondse vir buitelandse humanitêre programme bevries nie, maar ook vir internasionale biodiversiteitsbewaring. Dit sal ‘n noemenswaardige impak op omgewingsbeskerming en die stryd teen wildsmisdade hê. In Namibië hang die beskerming van belangrike wildspesies soos olifante, swart renosters en ietermagôs in die weegskaal, asook ondersteuning vir wildbewaarders en gemeenskapsbewaringsprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham.