Chikane vra boikot van goedere van, na Israel
In Suid-Afrika het die struggle-veteraan Frank Chikane gevra vir ‘n boikot van alle goedere van en na Israel. Hy het op die Palestynse Solidariteitsveldtog se saamtrek in Kaapstad die Amerikaanse president, Donald Trump, se oproep veroordeel vir Palestyne se gedwonge verskuiwing uit Gaza, en vra aanspreeklikheid vir wat hy volksmoord noem. Chikane het internasionale optrede gevra om Israel se apartheid-regime te verwyder.