Mexiko waarsku VSA oor kartelleFebruary 21, 2025
Mexiko se president Claudia Sheinbaum sê sy sal ‘n grondwetlike hervorming voorstel wat daarop gemik is om Mexiko se nasionale soewereiniteit verder te beskerm, nadat die VSA verskeie Mexikaanse kartelle as buitelandse terreurorganisasies aangewys het en dus, hulle kan aanval. Sy sê onder geen omstandighede sal ingrypings, indringers of enige ander optrede vanuit die buiteland aanvaar word. Dit sluit in skendings van Mexikaanse grondgebied, hetsy deur die land, die see of die lug.