Is jy die nuwe Mej. Tiener of Mej. Namibië?
Namibiërs word daaraan herinner dat aansoeke vir Mej. Tiener en Mej. Namibië 2025 op 28 Februarie sluit. Die kompetisie is ‘n filiaal van die NBC en die hoofborg vanjaar is Namdeb. Aansoekvorms kan op die NBC-webwerf gevind word, sowel as by die NBC se hoofkantoor en streekskantore landwyd. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Umbi Karuaihe-Upi, die uitvoerende hoof van die Miss Namibia-organisasie.