Hamas wil al die gyselaars vrylaat

‘n Senior Hamas-beampte sê hulle is bereid om die oorblywende gyselaars gelyktydig vry te laat gedurende die tweede fase van die Gaza-wapenstilstand. Taher al-Nunu van die militantegroep sê hulle het die bemiddelaars laat weet dat Hamas gereed is om alle gyselaars gelyktydig te bevry eerder as in aparte groepe soos wat in die eerste fase gebeur. Hy het nie gesê hoeveel gyselaars Hamas of ander groepe nog aanhou nie. Israel en Hamas is tans besig met die inwerkingstelling van die eerste fase van die wapenstilstand.