Hamas oorhandig kiste van Israelse ma, seuntjies
Hamas het doodskiste oorhandig wat hy sê die liggame bevat van vier Israelse gyselaars, insluitend dié van die Bibas-gesin. Die liggame van Shiri Bibas, haar twee seuns, die vierjarige Ariel en die nege-maande-oue Kfir, en die 83-jarige Oded Lifshitz is terugbesorg tydens ‘n seremonie in ‘n voormalige begraafplaas in die suidelike stad Khan Yunis in Gaza. Hamas het die vier swart kiste op ‘n verhoog vertoon voor ‘n banier waarop die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, as ‘n bloedbevlekte vampier uitgebeeld word.