Erongo-polisie soek ‘brandstofverskaffer’ wat met N$2 miljoen verdwyn

‘n Sogenaamde afslag-brandstofverskaffer wat 2 115 036, 80 miljoen Namibiese dollar kontant vir diesel betaal is, het spoorloos verdwyn. Die Erongo-polisie het bevestig dat hulle ‘n saak van bedrog en diefstal ondersoek. Die klag is gelê deur ‘n 76-jarige man na die diesel nie afgelewer is nie. Die voorval het tussen Januarie en vandeesmaand in Meersig in Walvisbaai plaasgevind. Die verdagte is bekend aan die polisie, maar nog hy nog die diesel is sover opgespoor.