Trump gee Kiëf die skuld vir oorlog
Amerikaanse president Donald Trump het Oekraïne se president,Volodymyr Zelensky gekritiseer by ‘n perskonferensie by Mar-A-Lago. Trump sê hy is teleurgesteld dat die Zelensky gekla het dat hy uit die samesprekings tussen die VSA en Rusland gelaat is oor die beëindiging van die Oekraïne-oorlog. Trump het ook Kiëf die skuld gee vir die inval deur Moskou en beweer dat die Oekraïne ‘n ooreenkoms sou kon aangaan om oorlog te voorkom.