Lubango-slagoffers moet op hulle regte staan
Dekades na hul vrylating spook herinneringe van marteling steeds by die oorlewendes van Swapo se kerkers in Lubango in Angola. Hulle het tevergeefs gewag op ‘n verskoning van stigterspresident Sam Nujoma. In die 1980’s is daar verwys na Swapo se doodskampe wat in Oshiwambo as “omalambo”, of kerkers bekendgestaan het. Hewat Beukes, president van die Workers Revolutionary Party, het ‘n familielid wat na Amerika gegaan het na die persoon die Lubango-kerkers oorleef het. Kosmos 941. Nuus het met Beukes gepraat, wat sê die oorlewendes moet saamstaan en restitusie van die regering eis.