Hamas gaan nog gyselaars vrylaat; Israel alle vroue en tieners

Hamas sê dit sal Donderdag die liggame van vier gyselaars oorhandig. Die groep se onderhandelaar, Khalil al-Hayya, sê die liggame sal dié van die Bibas-familie insluit, ma Shiri en haar jong kinders Kfir en Ariel, wat nege maande en vier jaar oud was toe hulle op 7 Oktober 2023 ontvoer is. Hul pa Yarden is vroeër die maand vrygelaat. Hamas sal ook Saterdag ses lewende gyselaars vrylaat, dubbel die aantal wat oorspronklik beplan was. In ruil daarvoor sal Israel alle vroue en diegene onder die ouderdom van 19 wat sedert Oktober 2023 in hegtenis geneem is, bevry. Toerusting om puinhope op te ruim sal ook oor die Gaza-grens toegelaat word.