Starmer sê hy sal vredesmagte na die Oekraïne stuur

Die Britse premier, Keir Starmer, is die eerste Europese leier wat sê dat hy gereed is om vredesmagte na die Oekraïne te stuur. Dit kom net voor ‘n noodleiersvergadering in Parys om Europa se rol in ‘n skietstilstand te bespreek. Dit kom na Amerikaanse president Donald Trump verlede week met sy Russiese eweknie gepraat het oor die oorlog. Trump se Oekraïne-gesant, Keith Kellogg, het Saterdag gesê Europa sal nie ‘n sitplek aan die tafel hê vir enige vredesonderhandelinge nie.