Conclave maak geskiedenis by BAFTA-filmtoekennings
Edward Berger se Vatikaan-riller, Conclave, het vier BAFTA-filmtoekennings ingepalm, insluitend beste fliek en uitstaande Britse fliek. Dit is die eerste keer sedert 2019 dat ‘n fliek albei toekennings in een jaar wen. Dit is ook bekroon vir beste aangepaste draaiboek en redigering. The Brutalist, oor ‘n Hongaarse modernistiese argitek in die na-oorlogse Amerika, het vier toekennings opgeraap, insluitend beste regisseur vir Brady Corbet, en beste hoofrolspeler vir Adrien Brody. Mikey Madison is aangewys as die beste aktrise in ‘n hoofrol vir Anora. Emilia Peréz was die beste vreemdtalige film, met Zoe Saldaña as beste ondersteunende aktrise.
