Trump sleep vlerk by Indië se ModiFebruary 14, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangebied om moderne vegvliegtuie aan die BRICS-lid Indië te verkoop. Hy en eerste minister Narendra Modi het beloof om handelsbande te versterk, ongeag die Trump-administrasie se benadering tot ‘n groot deel van die wêreld. Modi is slegs die vierde wêreldleier om die Withuis te besoek sedert Trump se terugkeer en beskryf sy mede-nasionalis as ‘n vriend. Hy sê hy sal ‘n vertolking aanneem van Trump se slagspreuk om Amerika weer groots te maak. Trump sê hy het ‘n spesiale band met Modi en Indië.