Vyf MI Cape Town-spelers in SA20 se span van seisoenFebruary 13, 2025

Krieket: Vyf spelers van die kampioen, MI Cape Town, is ingesluit in die SA20 se span van Seisoen 3, wat aangevoer word deur Aiden Markram van Sunrisers Eastern Cape. Die Kaapstadse spelers is Ryan Rickelton, Dewald Brevis, George Linde, Kagiso Rabada en Trent Boult. Paarl Royals word verteenwoordig deur Lhuan-dré Pretorius, David Miller en Joe Root. Die res van die span bestaan uit die speler van die toernooi, Marco Jansen, en sy spanmaat van Sunrisers, Richard Gleeson. Donovan Ferreira van Joburg Super Kings is twaalfdeman.