Motor ploeg in groep mense in München inFebruary 13, 2025

’n Groot polisie-operasie is aan die gang naby die sentrale treinstasie in die Duitse stad, München, nadat ’n motor ingeploeg het in ’n groep mense wat deelgeneem het aan ‘n betoging van die vakbond Verdi. Die koerant, Bild, berig 15 mense is beseer, terwyl die polisie aanvoer verskeie het seergekry. Die Münchense Veiligheidskonferensie begin môre en die Amerikaanse visepresident, JD Vance, en die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, kom later vandag aan. Die polisie bevestig die bestuurder is aangekeer en hou tans geen verdere bedreiging in nie.