Sabrina Carpenter kry Global Success-toekenning

Sabrina Carpenter, ‘n Grammy-wenner, is die eerste internasionale kunstenaar wat ‘n Global Success-toekenning by volgende maand se Brit-toekennings gaan ontvang. Sy is ook benoem vir die Internasionale Kunstenaar van die Jaar en Internasionale Liedjie van die Jaar. Carpenter was verlede jaar vir 21 weke aaneen bo-aan die amptelike Britse musiektrefferlys en die eerste kunstenaar om dit in 71 jaar reg te kry. Haar treffers Taste, Please Please Please en Espresso, was gelyktydig in die eerste drie plekke, en sy was die eerste vroue kunstenaar om dit reg te kry.

Foto: Verskaf