Voermark in SA sukkel – wat van Namibië?
Die veevoermark in Suid-Afrika beleef uitdagings, met lusernpryse wat verder gedaal het. Die beskikbaarheid van hoë kwaliteit lusern bly egter beperk, met baie lusern wat as graad 2 of graad 3 gegradeer word weens ’n afname in die vraag na voer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester, oor wat plaaslike boere kan verwag.