Napha smee bande met jag se grotes

Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het Namibië by drie groot internasionale jagkonvensies verteenwoordig. Dit was die Dallas Safari Club Convention in Georgia, die Safari Club International Convention in Tennessee, en Jagd & Hund in Dortmund, Europa se grootste jagskou. Maar dit is nog nie verby nie en Oostenryk kom ook die week onder die loep. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels, wat baie positief is oor vooruitsigte vir die komende jaar.