LPM se advokaat kap ECN in presidensiële verkiesing-saak
Vyf regters van die hooggeregshof hoor vandag en môre die aansoek aan deur IPC-leier Panduleni Ithula, wat aspekte van die presidensiële verkiesing betwis. Die LPM steun die IPC in die aansoek. Tydens die LPM se hoofde van argument wat deur Suid-Afrikaanse advokaat Kameel Premhid voorgelees is, het die amptelike resultate verklaring-vorms, vorms 26, wat nie deur die Verkiesingskommissie as bewyse ingehandig is nie, ter sprake gekom.