Watervoorsiening na Walvisbaai sukkel
Kraguitdagings in die Dorob Suid en Rooibank gebied raak op die oomblik watervoorsiening aan Walvisbaai en die gewone vloei van 400 kubieke meter per uur is af na 154 gedurende die dag. NamWater sê hy werk saam met die Walvisbaai-munisipaliteit om die uitdaging op te los. Lot Ndamanomhata, NamWater se woordvoerder.