Landelik-stedelike migrasie plaas druk op dienste
Landelike-stedelike migrasie word veroorsaak deur verskeie sosio-ekonomiese faktore, soos indiensneming, besigheid, onderwys en gesondheid. In Namibië is die verskynsel veral die afgelope paar jaar opvallend, met mense wat na dorpe stroom op soek na beter werk- en onderwysgeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Simon Amunime gesels, wat sê dit plaas verskeie sektore onder druk.