South by Southwest vertoon 111 rolprente

Die South by Southwest Rolprent-en televisiefees gaan 111 rolprente en 17 reekse, insluitend kortfilms en musiekvideos vertoon. Die fees open met Another Simple Favour, ‘n opvolg van die 2018 komedie-riller, A Simple Favour, met Blake Lively en Anne Kendrick in die hoofrolle. Ander treffers wat vertoon sal word sluit in Ben Affleck se The Accountant 2 en Holland met Nicole Kidman in die hoofrol. Die fees word van 7 tot 15 Maart in Austin, Texas aangebied.