Japannese leier op pad na Trump
Die Japannese premier, Shigeru Ishiba, vertrek vandag na Amerika om met president Donald Trump te vergader, sy tweede beraad met ‘n buitelandse leier sedert sy terugkeer na die Withuis. Japan is een van Amerika se die nouste bondgenote in Asië en ongeveer 54 000 Amerikaanse militêre personeel is in die land gestasioneer. Ishiba sal gemoedsrus wil hê oor die belangrikheid van die alliansie tussen die twee lande omdat Trump se agenda van “Amerika Eerste” moontlik kan inbreuk maak op die handels- en verdedigingsbande tussen die twee lande.