Duitsland klop Namibië-vroue by Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker

Namibië se vrouespan het hul laaste groepwedstryd by die Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker-toernooi teen die sterk Duitse span met 8-1 verloor. Hulle is egter reeds deur na die kwarteindrondte na hulle hul eerste twee wedstryde teen Australië en Nieu-Seeland gewen het. Die vroue kom môre-aand om 10 voor 7 te staan teen Oostenryk in hul kwarteindstryd. Die mansspan speel vanaand om 20 oor 10 teen Australië en het nog ‘n kans om die kwarteindrondte te haal.