MotoGP-wêreldkampioen Jorge Martin in hospitaal na ongeluk

Motorsport: Die MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, is hospitaal toe geneem na ‘n ongeluk op die eerste dag van voorseisoense oefening in Maleisië. Die 27-jarige Spanjaard het na die Aprilia-span geskuif nadat hy verlede jaar die kampioenskap vir Pramac Ducati gewen het. Hy het gekla van pyn in sy linkervoet en regterhand nadat hy van die fiets gegooi is in draai twee van die baan in Sepang. Martin het hard op sy linkervoet geland voordat sy kop die baan getref het. Dit was sy tweede ongeluk van die oefening.