Bulle-medekapteins vir lank buite aksie
Rugby: Die medekapteins van die Bulle asook losskakel, Johan Goosen, is al drie vir ‘n onbepaalde tyd buite aksie met beserings. Elrigh Louw moet weer aan sy beseerde knie geopereer word voor sy rehabilitasie kan begin, terwyl Ruan Nortjé ʼn knieligament beseer het en eers oor agt tot tien weke sal terugkeer. Goosen het ook ʼn knieoperasie ondergaan en behoort eers in April reg te wees vir die wedstryd teen Bayonne in die Uitdaagbeker. Die Bulle speel Saterdag in Kaapstad teen die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap.