Sentiment oor Namibië se ekonomie verbeter

Die sentiment in Namibië het merkbaar verbeter in vergelyking met 12 en 18 maande gelede, met positiwiteit oor ‘n baie breër spektrum, sê Cirrus in ‘n verslag oor die ekonomiese vooruitsigte vir 2025. Cirrus hou sy groeivoorspelling vir 2024 onveranderd op 3,4 persent, maar verwag dat groei vanaf vanjaar sal versnel. Slegs ‘n handjievol sektore wek wesenlike kommer op die kort termyn. Hy sê vanjaar sal gedefinieer word deur die politieke uitkomste met ‘n nuwe parlement en kabinet, en koolwaterstofeksplorasie en die beoordeling daarvan.