ActionSA kap nuwe kragtariewe

ActionSA het sy kommer uitgespreek oor die besluit van die energiereguleerder Nersa om Eskom se sesde meerjarige prysbepalingsaansoek vir die volgende drie boekjare goed te keur. Die goedgekeurde tariefverhogings is 12,74-persent vir 2025/’26, 5,36-persent vir 2026/’27 en 6,19 persent vir 2027/’28. Alan Beesley van Action SA sê al is die styging laer as wat Eskom wou hê, is dit steeds hoër as die inflasiekoers, en sal dit vernietigend wees vir sukkelende huishoudings en ondernemings.