Steel jy watermeters, steel jy van belastingbetalers: Orpa
Die Okahandja-munisipaliteit het alarm gemaak oor die toenemende diefstal van watermeters, hekkleppe en rioolbedekkings in woongebiede. Hierdie onwettige dade ontwrig nie net noodsaaklike dienste nie, maar hou ook risiko’s vir openbare veiligheid in en lei tot onnodige herstelkoste. Die munisipaliteit werk saam met die polisie om die kwessie aan te spreek en waarsku oortreders van streng regstappe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa.