Sierra Leone sal ondersoek instel oor koakïen-koning
Sierra Leone se ministerie van inligting sê hy ondersoek mediaberigte dat die Europese kokaïen-koning Jos Leijdekkers in die land is en daar baat by hoëvlakbeskerming. Twee bronne het aan Reuters gesê Leijdekkers, wat verlede Junie in absentia tot 24 jaar tronkstraf gevonnis is deur ‘n Nederlandse hof vir die smokkel van meer as 7 ton kokaïen, was sedert minstens vroeg 2023 in Sierra Leone. Leijdekkers is op Europol se lys van mees gesoekte voortvlugtiges. In ‘n verklaring het die Sierra Leonese ministerie gesê die land se polisie is gereed om met die Nederlandse regering, Interpol en ander internasionale wetstoepassingsagentskappe oor die saak saam te werk.