Klimaat gaan jou gabba sawwe lyf baie duurder maak
Die wêreld se koffiepryse gaan na verwagting styg weens die uitwerking van klimaatsverandering. Brasilië wat die wêreld se grootste koffieprodusent is, word die swaarste getref en loop deur onder warm weerpatrone en vele bosbrande wat koffie-oeste ernstig benadeel. In Viëtnam het ʼn ernstige droogte wat deur swaar reën gevolg is, die wêreld se grootste robusta-voorraad beskadig. Dié soort koffie is wêreldwyd die tweede gewildste variëteit en word gewoonlik in kitskoffiemengsels gebruik. Navasha Pather van Nestlé sê koffiepryse kan vanjaar met 30 tot 40 persent styg: