Borgaansoek in Sheehama-moordsaak uitgestel

Die borgtogaansoek van die sewe beskuldigdes in die moord op die student Matheus Sheehama in Julie verlede jaar is uitgestel. Die saak sal op 11, 13 en 14 Februarie in die Walvisbaai-landdroshof voortgaan aangesien die staatsaanklaer siek geword het. Sheehama se liggaam het vroeg in Augustus by Onafhanklikheidstrand uitgespoel nadat hy vir ‘n week vermis was. Die beskuldigdes is sy meisie Jessica !Gaes, haar broer Jimmy !Gaeb, Michael Awaseb, Mervin Wapota, Romano Paulus, Enrico Gomachab and Moses Kandume. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, regsverydeling en ontvoering.