NDP6 op wankelrige voet weens gebrek aan data
Die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan sal in April vanjaar bekend gestel word na vertragings. Die plan is ingevolge landswye konsultasies daargestel maar, die konsultasies is voor die amptelike sensus-uitslae gedoen, en nie al die sensus uitslae is bekend nie. Die sogenaamde NDP’s kom gereeld onder skoot omdat teikens nie gehaal word nie. Kosmos 94.1 Nuus met het die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels wat sê daar is gapings in data en dus, kan daar nie beleid geskep word nie.