Hernubare energie se vooruitsigte plaaslik goed
Sonkraginstallasies het in 2024 nuwe hoogtes regoor die wêreld bereik met ‘n yslike 503 Gigawatt-piek van geskatte kapasiteit. Dit verteenwoordig ‘n toename van 44 persent vergeleke met 2023. In Afrika is die groei meer beskeie maar nuwe installasies handhaaf ‘n stewige vlak op 2,5 Gigawatt-piek, na 2022 en 2023 rekord-installerings gesien het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner, Harald Schütt, wat ‘n groeivoorspelling vir hernubare energie in Namibië gee.