Tanzanië verklaar Marburg-uitbreking
’n Vermeende uitbraak van die Marburg-virus in Tanzanië het minstens agt mense doodgemaak, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die agentskap sê altesaam nege vermeende gevalle van die siekte is in twee distrikte van die Kagera-streek in die land se noordweste aangemeld. Die virale hemorragiese koors het ‘n sterftesyfer van so hoog as 88 persent. Die virus kan tussen mense versprei deur direkte kontak of deur bloed en ander liggaamsvloeistowwe van besmette mense. Daar is tans geen goedgekeurde entstowwe of behandelings vir die virus nie.