MSC erken Namport as noodsaaklike oorlaaipoort vir Suider-Afrika
Met die bekendstelling van die Namibia Express is die hawe van Walvisbaai formeel deur die Mediterranean Shipping Company, MSC, erken as ‘n noodsaaklike oorlaaipoort vir Suider-Afrika. MSC het sy voornemens aangekondig om sy streeknetwerk uit te brei deur twee nuwe roetes te begin, die Namibia Express en die Mosambiek Shuttle, en die Noordwes-vasteland-na-Suid-Afrika diens te verbeter. Cliff Shikuambi, die Namibiese Hawe-owerheid, NamPort se woordvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus die voordele van die nuwe ontwikkeling verduidelik.