Merlus Cormorant werkers steeds bang na ammoniakgas-lek

Die ammoniak-vergifting voorval by die Merlus Cormorant fabriek in Walvisbaai het verskeie werkers siek gemaak na hulle ammoniakgas ingeasem het. Verskeie moes hospitaalbehandeling kry. Die maatskappy het hulle verseker dat dit ‘n frats-insident was en dat die ammoniakgas van ‘n nabygeleë krapboot oorgewaai het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, wat sê die werkers moes gister begin werk het maar baie van hulle voel dis nie veilig om terug te gaan nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *