Olie-eksplorasie sal vanjaar N$27 miljard oorskry, sê verslag
Namibië se eksplorasiebesteding sal vanjaar 27 miljard Namibiese dollar oorskry, wat sy posisie as ‘n kritieke speler in Afrika se olie- en gassektor bevestig. Dit is volgens die African Energy Chamber 2025 Outlook Report, wat dit toeskryf aan aflandige eksplorasieaktiwiteite in die Oranjekom. In die binneland is daar ook nuwe ontwikkelings in die Kavango-kom, waar Reconnaissance Energy ‘n boorveldtog van stapel stuur om onbenutte vooruitsigte te verken. Die verslag sê Namibië bly ‘n bynes van bedrywighede. Maatskappye soos Chevron, BP en Eni is gereed om voort te gaan met eksplorasie in die Oranjekom deur gesamentlike ondernemings en vennootskappe.