Vervolg alle statutêre verkragtingsake, vra Staatsdiensvakbond
Die Vereniging van Staatsamptenare sê dit is kommerwekkend dat ten spyte van progressiewe wetgewing die plaag van tienerswangerskappe in die land steeds floreer. Volgens statistiek het meer as 122 000 tieners die afgelope boekjaar baba’s gekry, met 2 716 van hulle wat tussen 10 en 14-jaar oud is. Tagtig tienermeisies het op die eerste Januarie vanjaar geboorte geskenk. Die vakbond sê mense wat hierdie swangerskappe probeer verberg deur gesprekke tussen families te fasiliteer, moet ondersoek en vervolg word, ongeag hul status in die gemeenskap.