Kenya Airways se aandele word weer verhandel

Die handel in aandele van Kenia se nasionale lugdiens, Kenya Airways het hervat, nadat dit langer as vier jaar opgeskort was. Die lugredery het in Julie 2020 vir ‘n opskorting gevra toe die regering ‘n wet voorgestel het om die beleërde redery te hernasionaliseer, te midde van die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd verwoesting gesaai het onder lugreise. Die nasionaliseringsplan is daarna laat vaar en die lugdiens het verlede jaar vir die eerste keer in jare ‘n wins getoon. Die Keniaanse regering besit ‘n belang van 48,9-persent in Kenya Airways en Air France-KLM 7,8-persent.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *