Plaaswerker pleeg selfmoord na hy per ongeluk meisie, 6, dood ry

‘n Tragiese voorval het homself Woensdagmiddag op ‘n plaas in die Hochfeld-omgewing in die Okahandja-distrik uitgespeel. Volgens die Otjozondjupa-polisie het plaaswerker Timi Dawid homself met sy werknemer se jaggeweer geskiet na hy per abuis een van die kinders op die plaas doodgery het. Hy en ‘n aantal kinders was besig om hout met ‘n bakkie en ‘n sleepwa bymekaar te maak. Die kinders het afgeklim en toe die hout gelaai is het hy weggetrek maar, die ses-jarige Anna Anton het nog tussen die bakkie en die sleepwa gestaan. Sy is op slag dood. ‘n Ondersoek is gelas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *